Piet Botha: Spookpsalms

Piet Botha: Spookpsalms
Piet Botha: Spookpsalms

Tracks

  1. Sysie September
  2. Richmondstraat
  3. Die Heks Is Dood
  4. Bitterfontein
  5. Stad Sonder Naam
  6. Begrafnislied
  7. Die Groot Verlange
  8. Hartbeeshuisie
  9. Neentientwee
  10. Winternag
  11. Spookjam

All songs by J.P. Botha except ‘Sysie September’ (Trad. / J.P. Botha) and ‘Winternag’ (Eugene Marais / music: J.P. Botha)

Session track

Musicians (Die Spookorkes)

  • Piet Botha: Vocals, guitar, piano, organ, harmonica
  • Ollie Viljoen: Accordion, organ
  • Paul vd Waal: Drums
  • Tertius du Plessis: Bass
  • Loandi Boersma: Vocals
  • Donovan Bourne: Vocals
  • Leon Van Zweel: Saxophone
  • Lanie vd Walt: Double bass

Release info

CD: June 2011, Independent, JHCD004

Recorded during April 2011 by Lanie van der Walt at Wolmer Studios.

Comments

‘Die Heks Is Dood’ was originally recorded in 2010 for the Strab Colab CD. That was a multi-lingual version featuring lyrics in Afrikaans, Portuguese and Xhosa.

Strab Colab
Strab Colab

Piet Botha – Afrikaans Vocals, Acoustic Guitar
Jaco Mans – Electric Guitar
Paul Wilson – Drums
Donovan Borne – Electric Guitar and Vocals
Franco Jamneck – Bass
Pedro Barbosa – Portuguese Vocals
Jakes (One Take) Wulana – Xhosa Vocals and Tambourine
Wynand Davel – Violin
Choir: Alouise Jamneck, Andre Kriel, Conrad Jamneck, Donovan Borne, Edward Lewis, Franco Jamneck, Gareth Wilson, Heinrich Swart, Henry Steel, Jaco Mans, Jakes Wulana, Jammies Jamneck, Jessica Botha, Laura Jane, Kobus de Kock jr, Natalie Chapman, Paul Wilson, Pedro Barbosa, Peter Hoven, Piet Botha, Vana, Wynand Davel

Thanks to Conrad Jamneck for album cover and artist info.


Review

Piet Botha – Spookpsalms – Delightfully dark

If Afrikaans music – or South African music in general – has a Leonard Cohen equivalent, then Piet Botha must be it.

— The Citizen Online, 12 October 2011

Press Release

Spookpsalms …’n nuwe Afrikaanse album deur Piet Botha

17 MAY 2011

Na 8 jaar het die veteraan kunstenaar Piet Botha weer ‘n Afrikaanse album die lig laat sien. Die nuwe CD heet “Spookpsalms” en bevat 11 splinternuwe komposisies.

“Daar was al ‘n paar liedjies maar toe die TV program “Wie lê waar” opduik het dit die hele album in ‘n ander rigting gestuur.Vanaf September tot Desember 2010 was ons op die pad besig met die verfilming, dwarsdeur die
land en omdat die program so ‘n sterk historiese inslag het, het daar ‘n ander element ingetree in die werk nl. ‘n tipe tradisionele , tydlose gevoel…wat dan weer aanleiding gegee het na die idee van die Spookorkes wat hierdie liedjies
opvoer .”

Daar is ook gepoog om soveel as moontlik by tradisionele instrumentasie te bly. Derhalwe is die album vol akoestiese kitare, klavier , mondfluitjie, trekklavier, saksofoon en orrel. Dit is ‘n eiesoortige stuk werk, heeltemal buite
die moderne genre en totaal anders as Botha se vorige Afrikaanse albums.

“Die moeilikste ding is sekerlik om met eenvoud ‘n gewigtige saak te kan oordra, en dis wat hier gepoog is. Selfs die humor wat opduik is satiries en laat mens lag maar met nabetragting.”

Die album is in April opgeneem deur Lanie vd Walt wat ook die regie en meng behartig het asook die “double -bass” gespeel het. Die tromme is oudergewoonte deur Paul vd Waal gespeel en die baskitaar deur Tertius du
Plessis. Piet Botha het kitare, klavier, orrel en mondfluitjie gespeel en gesing.

Die pragtige vrouestem is deur Loandi Boersma gelewer. Verder was dit
geweldig opwindend om uiteindelik vir die legende Ollie Viljoen saam op ‘n
album te hê , op trekklavier en orrel. Nog ‘n ou vriend en eertydse lid van die Jack Hammer groep, Leon van Zweel het die saksofoon laat huil. Donovan Borne het agtergrondsang gelewer en so het die Spookorkes die liedjies in die
lewe gebring.

Wat opvallend is van hierdie werk is die suiwer Afrikaans wat gebruik word.

Daarbenewens die gevoel van “n ander tyd”, as mens dit so kan stel, wat
mens ervaar met die deurluister daarvan. En dan die oorspronklikheid.

Piet Botha sal tydens Meimaand ‘n paar vertonings rondom Pretoria gee waartydens die nuwe werk lewendig gehoor kan word en die album beskikbaar sal wees, soos by Cafè Barcelona op Saterdag die 21e en Sondagmiddag die 22e by die Blue Flame Grill in Montana, alvorens daar weer teen einde Mei na Mosambiek gegaan sal word vir die jaarlikse STRAB musiekfees. Hierna sal daar ook vertonings in die Kaap geskied asook in die Vrystaat in Juliemaand tydens die Volksbladkunstefees.

Van die musiek op “Spookpsalms” is ook in die TV reeks (“Wie lê waar”) gebruik maar nie in geheel soos dit op die album verskyn nie. Hierdie opnames is deur Riku Latti gedoen.

Van die nuwe nommers wat klaar aftrek kry by gehore is “Bitterfontein”. “Sysie September” (‘n nuwe verwerking van ‘n tradisionele Griekwa liedjie), “Stad sonder naam”, “Die heks is dood” en “Richmondstraat”.


Artwork

Piet Botha: Spookpsalms Back Cover
Piet Botha: Spookpsalms Back Cover
Piet Botha: Spookpsalms (original draft cover)
Piet Botha: Spookpsalms (original draft cover)
Piet Botha: Spookpsalms (tour poster)
Piet Botha: Spookpsalms (tour poster)

Discography