Deesdae gaan ons saam met die wind….

Gedurende die laaste jaar het Piet Botha en die Akkedis Band hulle jarelange vriendskap ‘n stap verder geneem en gereeld opgetree en ‘n stewige repertoire opgebou, soveel so dat hulle later vanjaar ‘n “Lizard Kings” album gaan opneem. Dit is natuurlik die noemnaam van hierdie groep musikante en liedjieskrywers wat so in ‘n eenheid saamgesmelt het. Benewens die Dennis broers, Arthur en Rudi, is die ander lede van die orkes A.J. Graham op baskitaar, Li-Ann Cummins op vocals , Jacques Groenewald op kitaar en vocals en Piet Botha. Almal is boorlinge van die Kaap, behalwe Botha. “Dit lyk my ek gaan hierdie jaar meer tyd in die Kaap deurbring as in die noorde” het Piet gesê… “ dit is heerlik om te ervaar hoe hierdie groep ‘n hegte eenheid word en dit is beslis ook ‘n langtermyn ding waarme ons besig is.”

Piet Botha kom vroeg in Maart op toer Kaap toe, maar sal al die vertonings met lede van die Lizard Kings doen.Party vertonings sal akoesties wees, en ander weer met die hele ensemble soos by die Big Blues Festival in
Kleinmond.Dit is ook waar die toer afskop.

Hierna sal daar optredes wees in Durbanville, Paarl, Kuilsrivier, Melkbosstrand, Gordonsbaai, Robertson, Gansbaai en Pringlebaai.

Botha is tans hard an die werk met die opnames vir ‘n splinternuwe Afrikaanse album wat teen die middel van April vrygestel sal word. Die “working title” van die werk is “Spookpsalms”. Hy sal ook vanaf die 7e April te siene wees in ‘n splinternuwe kultuur-historiese reeks op Kyknet, getitel “Wie lê waar?”, waartydens die laaste rusplek van ‘n
verskeidenheid karakters uit ons Geskiedenis besoek word. Die musiek vir die reeks is deur Rikku Latti en Jahn Beukes verwerk met heelwat bydraes van Piet se kant af.

Op toer word daar altyd ook van die ou bekende liedjies opgevoer, die
gunsteling nommers soos “Suitcase vol winter, Sien jou weer, Bordello, Mocambique, Anderkant die berg, Skoor met die dood, Goeienag Generaal”, en vele ander maar hierdie keer sal daar heelwat nuwe materiaal ook opgedis
word.

Tour Info

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s